Caster Semenya, man of vrou

Die 18-jarige Caster Semenya van Suid-Afrika wen goud en die 800 m-wêreldtitel vir vroue in Berlyn, maar ‘n storm woed om haar kop oor of sy ‘n man of vrou is.

Hier is wat almal sê:

Haar ouma sê sy is ‘n vrou.

Haar ma het glo gesê sy is ‘n vrou.

Haar skoolhoof het glo gesê sy was rof en hy het eers gedink sy is ‘n seun, maar later gehoor sy is ‘n meisie.

By Tukkies, haar klub, dink die meisies sy is ‘n meisie.

Die Internasionale Vereniging van Atletiek-federasies (IAAF) wil hê sy moet ’n geslagstoets ondergaan.

Volgens haar afrigter, Michael Seme, het Semenya eenkeer aangebied het om haar broek af te trek toe mense haar wou keer om ’n vrouetoilet te gebruik.

Die IAAF sê dat sy haar titel sal behou, al dop sy die geslagstoets.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar