Rapport berig dat Willem de Klerk (44), seun van oudpresident F.W. de Klerk, binnekort in die landdroshof op Wellington moet verskyn vir ’n onderhoudseis.
De Klerk word gedagvaar deur Desiree Joseph (27) van Wellington vir onderhoud vir haar dogtertjie, Ana-Wilmien, wat nou tien weke oud is. Hy is tans besig om van sy vrou, Nicole, te skei. Hulle het twee kinders, Marike (8) en Nikolaa (7).
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
