Die bierswaap

Xavier Sierra se eerste poging was ‘n vinger onder die trui, maar nie eens dit kon hy reg doen nie. Die kassiere by ‘n winkel in Orlando, Amerika, het die 22-jarige man net een kyk gegee en toe beveel om te loop.

Nie dat Sierra wou geld hê nie, hy wou bitter graag bier hê. Al uitweg wat hy toe sien is om ‘n paar biere te gryp en te hardloop. Die kassiere het dadelik die polisie geskakel. Met hulle aankoms het hulle die jong man buite teen die winkel se muur aangetref, besig om sy buit te geniet.

Die kassiere was nie verbaas nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply