Claudius Drusus was die oudste seun van die Romeinse keiser Claudius. Op daardie stadium nog toekomstige keiser.
Die bekende keiser Caligula was ’n neef van Claudius. Hy is as keiser aangewys na die sluipmoord op Caligula. Hy is bekend daarvoor dat hy Brittanje verower het. Sy stiefseun, die bekende Nero, het hom opgevolg as keiser. Claudius is vermoor deur sy vierde vrou Agrippina.
Claudius Drusus is dood tydens ’n speletjie. Hy het ’n peer in die lug gegooi en dan in sy mond gevang. Die heel laaste keer wat hy die peer gevang het, het dit gesak tot in sy keel en hom versmoor.
