“Reg boeta, hier is ons nou by die strand” sê Pappa Haai.
“Sien jy daardie groepie mense? Ons gaan om hulle swem en eers net so ‘n klein stukkie vin wys. Dan swem ons weer om hulle en wys ‘n groot stuk vin – en dan eet ons hulle.”
So gesê, so gedaan.
Met sy pens lekker vol vra Boeta Haai: “Pappa, hoekom swem ons om die mense voor ons hulle eet?”
“Jy sal nog leer ou seun, hulle smaak baie beter as hulle nie vol stront is nie.”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

