Ennio Morricone, Italiaanse komponis en dirigent, is oorlede in die ouderdom van 91 jaar.

Morricone het die musiek gekomponeer vir ongeveer 500 films en televisiereekse. Dan is daar ook ongeveer 100 popliedjies en 150 klassieke komposisies agter sy naam. In 2016 het hy die tweede oudste persoon geword om ’n Oscar te wen. Dit was vir die beste oorspronklike musiek vir die film The Hateful Eight.

Wat musiek en die moderne rolprentkuns betref was Morricone een van die wêreld se mees veelsydigste en invloedrykste komponiste.

(1928-2020)

Lewer kommentaar

Leave a Reply