Een van sokker se gewildste sterre, Diego Maradona, is tans in Suid-Afrika. Hy is hier om die Argentynse span se fasiliteite na te gaan. Hy is die afrigter van dié span.
Maradona (49) was beide gewild en berug tydens sy jare as speler. Laasgenoemde hoofsaaklik vir die “Hand of God” voorval tydens die 1986 wêreldbeker toe hy sy hand (ongestraf) gebruik het om ‘n doel aan te teken teen Engeland in die kwarteindronde.
Maradona het besoek gebring aan die High Performance Centre Sports Academy by Tukkies in Pretoria waar die Argentynse span gaan tuisgaan. Alles was vir hom na wense, behalwe dat hy plasmatelevisies en Play Station 3 konsoles in elke speler se kamer wil hê.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
