Die eerste bewyse dat diepseelewe in die oeroue Ecca-see (d.w.s. in die Karoo) bestaan het is by Laingsburg ontdek.
Die spore van ´n waterskerpioen wat die grootste van sy soort in sy tyd was, 260 miljoen jaar gelede, is op ´n koppie naby die dorp gevind. Super-angel kon tot 3m lank word en was die koning der verskrikkinge van die Ecca.
