Dit mors in Mpumalanga

Die hoof uitvoerende amptenaar van die Hoëveld Distriksraad in Mpumalanga, Charles Makola, het multi-miljoen rand tenders toegestaan aan familie en vriende. Diegene wat die korrupsie op die lappe wou bring is deur Makola gedreig. Boonop was hy oneerlik in sy pogings om sy posisie te bekom. Dit blyk dat die bedrog grootliks polities gemotiveer is. Een van die betrokke persone is Robert Matseke wat een van die ANC amptenare is wat daarvan verdink word dat hulle fiktiewe maatskappye stig om staatstenders te bekom. In die Matseke geval is R1,5 miljoen uitbetaal voordat die raad moes intree en die werk self doen. Charles Makola is steeds in beheer van die raad.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar