Me, Myself & Irene

As ons nou eerlik is daaroor: was There’s Something About Mary (1998) nou werklik so verskriklik snaaks? Dink nie so nie? Uit dieselfde fabriek van Peter en Bobby Farrelly kom Me, Myself, & Irene.

Die film sal jou bo alle verwagting neem na ´n hoër vlak van verveling. Die boetie gooi die kind saam met die badwater uit soos hulle probeer om te beïndruk met onder andere Jim Carrey se terugkeer na die tipe komedie waarvoor hy bekend geraak het. Dit is egter eerder die tipe fliek waarin iemand soos Adam Sandler sou tuishoort.

6 op ´n skaal van 10

Lewer kommentaar

Leave a Reply