Wat lê onder? Wel nie veel nie!
Robert Zemeckis leen so baie by grootmeester Alfred Hitchcock dat dit later begin lyk soos ´n Greatest Hits van die groot H.
Vroulike histerie het al gesorg vir vele groot treffers in die riller genre, maar die nommertjie lê niks dieper as ´n opblaas-swembadjie nie.
Die film is op sy beste ´n toonkas vir Michelle Pfeiffer se skoonheid, hoe natter en banger sy raak, hoe mooier is sy om na te kyk. Van karakter is daar egter nie veel sprake nie, maak nie saak hoeveel keer sy skrik, huil of op en af hardloop by die trappe nie. Met behulp van die ander groot stêr, Harrison Ford, is die fliek verseker om darem so ´n paar sent in te vorder.
4 op ´n skaal van 10
