Plakkaat petalje

Die hoof van die ANC se kommunikasie-afdeling Cameron Dugmore sê sy party was nie verantwoordelik vir ´n reeks plakkate in die Wes-Kaap wat lees “A vote for the DA is a vote for Israel” nie. Die plakkate beeld ´n bloedbevlekte Israeliese vlag uit en is deur ´n organisasie met die naam van Friends of Palastine in uitgesoekte areas opgesit.

Dugmore het verder gesê “All ANC posters are identified with our address and the name of the printer as required by the IEC.” ´n Dag of twee daarna het die OVK die ANC beveel om te sorg dat hul besonderhede op die plakkate kom, omdat daar van hulle plakkate gevind is sonder die verlangde inligting.

Lewer kommentaar

Leave a Reply