Dokters van Medi-Clinic het geskiedenis gemaak toe hulle Saterdag die wêreld se eerste nie-chirurgiese prosedure op ‘n lekkende hartklep van Marianna Cronje (59) uitgevoer het. Cronje is gebore met haar hart aan die regterkant van haar bors.
Hellmuth Weich, die kardioloog, is bygestaan deur twee kenners van Lausanne in Switserland. Hulle het die ses uur lange prosedure uitgevoer deur ‘n klein opening wat met ‘n naald in die pasiënt se lies gemaak is.
