Dorsland

Nee, dis nie Lochner en Richard se nuwe CD od ‘n CM van den Heever roman waaroor dit gaan nie, maar Mpumalanga se premier, NJ Mahlangu, se 14 lyfwagte se groot dors.

Die spannetjie het vir hulle kiste vol drank saamgevat na afloop van die loting vir die Davisbeker-tenniswedsrtyd in Malelane verlede Woensdag. Volgens die Laevelder wou ´n kroegman hulle keer, maar daar is aan hom gesê dat hulle toestemming het.

Die Suid-Afrikaanse Tennisvereniging gaan glo vir die rekening betaal. Wat het geword van drankregulasies wat bepaal dat dit onwettig is om drank, wat in ´n kroeg gekoop is, huis toe te neem. Of is ´n dranklisensie deesdae net soveel werd soos ´n tv-lisensie?

Dit is ook interessant om te weet dat nie eens die Britte se koningin die pad vat met so baie lyfwagte aan haar sy nie.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar