Eerste backpackers op Flats

Die eerste plek van verblyf vir rugsaktoeriste op die Kaapse Vlakte het onlangs sy deure oopgemaak.

The Blue Flag Backpackers het vroeër die maand in Steenberg geopen. Die 12 toeriste wat op ’n slag daar kan bly gaan beslis ietsie van die Flats huis toe neem. Een tannie in die straat gaan vir hulle kerrie maak, terwyl ’n ander die lakens gaan was. Besoekers sal ook plaaslike sjebiens besoek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply