Laat oes

Laat oes

Roekeloos

Die keuse van ‘n goeie laat oes wyn word dikwels bepaal deur ‘n kombinasie van kwaliteit en toeganklikheid. Hierdie selfde eienskappe kan “geproe” word in die produksie Laat oes met Annalie Herbst en Rika Vermeulen.

Die gehoor word getrakteer op ‘n vertoning waar opera (o.a. Puccini), chanson (Piaf) en Afrikaanse en Engelse kontemporêre musiek (o.a. “Love story”, “Bitterbessiedagbreek”) en musicals (o.a. “Showboat”), moeiteloos vervleg word om soos ‘n eksotiese versnit wyn sy “gehoor” te verras, te verwonder en te oorrompel.

Annalie Herbst sorg altyd vir ‘n luisterryke program en haar legendariese begeleidster, Rika Vermeulen ondersteun haar meesterlik.

Verskillende musiekgenres word slim en speels verweef tot ‘n elegante geheel wat op die Karoo Klassique fees voor ‘n vol saal ‘n staande ovasie uitgelok het.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Annalie Herbst
Annalie Herbst

Lewer kommentaar

Leave a Reply