Hermien Dommisse oorlede

Die veteraan-aktrise van die verhoog, rolprente en TV, Hermien Dommisse, is oorlede op die ouderdom van 94.

Dommisse se gesondheid was nie baie goed nie en sy het die laaste paar jaar vinnig agteruitgegaan. Sy is in haar slaap oorlede. Haar laaste jare het sy deurgebring in ’n versorgingsoord vir verswakte bejaardes in Edenvale aan die Oos-Rand.

Afgesien van haar baanbrekerswerk op die verhoog en verskeie rolle in rolprente sal sy waarskynlik onthou word vir haar laaste rol op TV, dié van die matriarg Monika Vorster in die sepie Egoli.

André Huguenet, Hermien Dommisse en Paula Styger in Helshoogte, 'n vertaling van Emily Bronte se Wuthering Heights (1943.)
André Huguenet, Hermien Dommisse en Paula Styger in Helshoogte, 'n vertaling van Emily Bronte se Wuthering Heights (1943.)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Ek is regtig jammer om van haar afsterwe te hoor. Dit is ironies dat ek verlede week op soek na haar kontakbesonderhede was.

    Kan iemand my nogtans help?

    Ek is op soek na kontak besonderhede van Jeanne (gebore McCaul), die dogter van Hermien Domisse.

    Ongeveer 40 jaar gelede was ons groot pels maar het kontak verloor. Ek glo sy was op ‘n stadium met die omroeper Morne Coetzer getroud????. Later het ek gehoor dat sy met ‘n balet danser in Parys (Frankryk) getroud is???.

    Meskien kan iemand selfs vir my in aanraking bring met persone wat gereeld met Tannie Hermien gehad het.

    janrobbertze@gmail.com

    Jan

Lewer kommentaar

Leave a Reply