Hierdie is regte voorbeelde van antwoorde op eksamenvrae!
Afrikaans Graad 8:
Vraag: Maak ´n sin met “ter aarde bestel”
Antw.: Wie op ter aarde bestel so ´n groot koek?
Wiskunde Graad 9:
Vraag: Gee die formule om die oppervlakte van ´n sirkel te bepaal
Antw.: Paai straal kordaat.
Afrikaans Graad 8:
Vraag: Gebruik “bruin” as ´n werkwoord.
Antw.: Die kommuniste het die man gebruinwash.
Aardrykskunde Graad 10:
Vraag: Hoe het berge ontstaan?
Antw.: Deur baie sterk winde.
Rekenaarstudie Graad 12:
Vraag: Waarom moet rekenaargebruikers gereeld rugsteunkopieë maak?
Antw.: Sodat hulle nie rugpyn kry nie.
Geskiedenis Graad 11:
Vraag: In watter jaar het Suid-Afrika ´n unie geword?
Antw.: Ek weet nie, meneer. Maar ´n geseënde Kersfees en ´n voorspoedige Nuwejaar vir meneer en meneer se gesin.
Afrikaans Graad 8:
Vraag: Voltooi: Hoe kaler jonker, ……..
Antw.: ..hoe stouter in die donker.
Wiskunde Graad 8:
Vraag: Wat is regoorstaande hoeke?
Antw.: Dit is hoeke wat vir mekaar kyk.
Geskiedenis Graad 8:
Vraag: Waarom is die Mona Lisa-skildery so baie werd?
Antw.: ..omdat sy so ´n mooi vrou was.
Bybelkunde Graad 8:
Vraag: Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?
Antw.: In Jerusalem en Gauteng.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
