‘n Keniaanse man het ternouernood aan die dood ontkom deur ‘n luislang te byt. Die man het op ‘n luislang getrap en die dier het hom dadelik in ‘n dodelike greep beetgekry. Vir die volgende paar uur was hy en die luislang in ‘n dodelike stoeigeveg betrokke. Toe die slang om die man se bolyf wou draai het hy hom gebyt, sodat die dier van plan verander het. Die slang het hom egter tot in ‘n nabygeleë boom gesleep. Met sy los hande kon hy egter met sy selfoon vir hulp roep. Sy medewerkers kon hom van die slang bevry.