Facebook, 1838

Facebook, 1838
Facebook, 1838

(bydrae het nie die bron aangedui nie)

Facebook, Piet Retief, Andries Pretorius en Dingaan.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. BARBARISME TEEN ONS VOLK

    Gedurende die Groot Trek het ons voorvaders die eerste ware vorm van barbarisme beleef in hul aanraking met swart stamme in die binneland. Piet Retief het ‘n positiewe besoek aan Dingaan van die Zoeloes afgelê, die koning wou egter nie onderhandel oor grondgebied voordat Retief die Voortrekkers se wil om vriende te wees aan hom bewys nie. Retief moes beeste gaan terugneem wat Sekonyela, ‘n Sotho-hoofman van Dingaan gesteel het. Die Voortrekkers van Retief was suksesvol en so was daar ‘n tweede ontmoeting toe die beeste aan die Zoeloes terugbesorg is.

    Net terloops, Dingaan het ‘n paar jaar vantevore sy eie halfbroer, Shaka, vermoor. Duidelik nie iemand wat vertrou kon word nie. ‘n Ooreenkoms is onderteken, dié is aan Retief se lyk gevind na die tragedie. Tragedie? Watse tragedie? Laat my toe om uit te brei. Die Voortrekkers is getrakteer op Zoeloe-danse en ander soortgelyke opvoerings. Die Zoeloe koning vra toe dat Retief en sy manne ook ‘n uitvoering gee van ‘n skyngeveg terwyl hul op hul perde se rûe jaag, na die vertoning sê Dingaan dat Retief en sy burgers hul wapens buite die stat moet los en inkom vir verdere feesvieringe.

    Die danse en oorlogsuitvoerings raak toe al harder en nader en skielik! “MAAK DOOD DIE TOWENAARS!!” Daardie arme siele het nie geweet wat hul tref nie en gou was almal vasgevat, hulle is geneem na Kwa Matwane (heuwel van teregstellings) waar almal op barbaarse wyse met knopkieries en klippe doodgeslaan is. Op ‘n koppie oorkant Dingaanstat het ‘n sendeling gebly, Francis Owen, hy het hierdie slagting sien gebeur.

    Op dieselfde dag sien Owen ‘n Zoeloe-leër die kraal verlaat in die rigting vanwaar Retief en sy manskappe gekom het. Daardie laers van die Voortrekkers was nou ‘n maklike teiken met meeste van die mans wat daaruit kom wat gesneuwel het by umGungundhlovu (Dingaanstat). Daardie krygers wat toe die stat verlaat het het in die omgewing van Bloukrans al langs die Blaauwkrantzrivier die Voortrekkerlaers aangeval, almal gelyktydig sodat die een nie die ander kon waarsku nie. Altesaam 281 voortrekkers en 200 bruin helpers het in hierdie aanvalle die lewe gelaat, 185 van die dooies was kinders. Kinders wat hul laaste asem moes uitblaas met ‘n wrede kopstamp teen ‘n ossewawiel of ‘n spies deur die hart. Probeer hierdie toneel indink, ‘n baba wat skreeu terwyl hy aan sy voete rondgeswaai word teen ‘n hout wiel vas. Is dit in ‘n mens se gene om so wreedaardig te wees? Tensy jy natuurlik ‘n paar skroewe los het, en ja daar is wit mense wat so iets sal kan doen maar hulle is verreweg in die minderheid.

    In 1865 lei Louw Wepener ‘n ekspidisie teen Moshweshe by die berg Thaba Bosiu, Wepener was ‘n ware leier gewees gesien in die lig daarvan dat hy nooit geskreeu het “Storm!” nie maar wel “Volg my!”. Hy is gedood in die geveg en sy lyk is na Moshweshwe geneem. Wat volgende gebeur het was niks en absoluut niks anders as barbarisme nie. Louw Wepener se hart is uitgesny, die doel hiervan? Sodat sy hart geëet kan word deur Moshweshwe se kapteine omdat hy hierdie Boer se dapperheid ook in hulle wou hê. Watter merkwaardige en soms grillerige tye waarin ons mense geleef het, en dis nie so lank terug nie! Tog vat dit nie baie om te vergeet nie, skuld ons daardie dapper mense nie tenminste ‘n oorlewering van hul dade en lewens in die volksmond nie?

    In 1877 annekseer Groot Brittanje Transvaal, oftewel Great Britain, altyd Great want hulle is mos sirs’ en lords’ en almal anders lae onmenswaardige wesens. En in my persoonlike opinie, hulle het nogsteeds daardie ek is beter as jy houding. Miskien is daar iets te sê vir die ou gesegde. “Dis in jou bloed”. Die ZAR president was T.F. Burgers, ‘n predikant wat ‘n harde werker was maar te maklik tou opgegooi het want hy aanvaar toe bloot dat hy en sy mense onder hierdie geldgierige kriminele staan.

    In 1880 weier ‘n sekere Bezuidenhout om verder belasting te betaal aan die Britse indringers. Hy was ‘n inwoner van die Voortrekker-dorp Potchefstroom, ‘n dorp wat in 1838 reeds gestig is. Die Engelse stuur toe 30 man, nogal bang vir ‘n Boer en sy roer, om Bezuidenhout se wa te gaan haal sodat hul dit kon verkoop en die geld as sy belasting kon gebruik. En hier tree ‘n Boereleier na vore as ‘n volksheld, Piet Cronjé.

    Met ‘n Boerekommando ruk hy op na die landdroskantoor op Potchefstroom en eis die wa terug. Die landdros dreig hom en sê dat hy liefs moet afsien van sy planne vir sy eie onthalwe. Cronjé steur hom nie veel aan die landdros nie en neem die wa terug na Bezuidenhout. Op 16 Desember 1880, Geloftedag, kom ongeveer 8 000 burgers in Krugersdorp byeen en daar word die Bloedrivier gelofte hernu met almal teenwoordig wat ‘n klip op ‘n stapel pak. Die begin van die Eerste Anglo-Boereoorlog.

    Die rede waarom ek dié storie vertel is eenvoudig, daardie oorlog het by Majuba in oorwinning vir die Boerevolk geëindig. Maar in die Tweede Anglo-Boereoorlog is daardie klipstapel se 8 000 klippe deur die Britte in die Vaalrivier gegooi, minagtend van ‘n eed tussen God en die Boerevolk. Seker maar ‘n daad van barbarisme? En nou is ons by die Anglo-Boereoorlog en die verskriklike dinge wat gebeur het. Gaan kyk ‘n mens na ou dagboeke oor die konsentrasiekampe, beëedigde verklarings en die paar foto’s wat bestaan kan jy nie anders as om ‘n traan weg te probeer sluk nie, en ‘n woord soos barbarisme is nie vêr van jou lippe af wanneer jy in stilte sit en dink aan daardie arme mense se lot nie.

    ‘n Engelse kolonne onder ‘n sekere Remington se agterhoede was niks anders as ‘n klomp barbare nie. Die Boerevolk was ‘n baie gelowige volk en dus kan met sekerheid gesê word dat beëedigde verklarings deur hul afgelê niks anders as waar kan wees nie. Daar is byvoorbeeld die baba wat deur ‘n Engelse offisier oor ‘n vuur gehou is met die moeder wat smekend pleit dat hy nie haar kind in die vuur moet gooi nie, was hy en sy manskappe wat gestaan en lag het barbare? Wat van die vrou wat verduidelik hoe sy deur Engelse soldate verkrag is? Wat van Lizzie van Zyl wat net vel en been was in ‘n konsentrasiekamp? Wat van die man wat aan ‘n Boervrou gesê het dat haar kind op die wa vol lyke gegooi moes word al het hy nog gelewe want, volgens hom sou dit hom ‘n rit spaar die volgende dag aangesien die kind in elkgeval dan dood sou wees.

    My arme arme volkie, maar daar is darem een troos. As jy só deurloop aan die hand van barbare moet ‘n uiteindelike oorwinning baie soet smaak. Die beproewings en struikelblokke op ons vryheidspad gee ons volk die kans om op ons kniee af te gaan en te pleit vir ons voortbestaan, het die Israeliete nie ook onder barbare se bloedbedekte voete geleef nie? Daar is baie beëedigde verklarings oor “lelike” dinge wat met ons mense gebeur het. En dit aan die hand van ‘n “beskaafde” nasie. Was jý al in ‘n konsentrasiekamp begraafplaas? Is jou van nie êrens op een van daardie gedenkstene nie? Was jy ‘n honderd jaar vroëer gebore sou jou naam vandag ‘n gedenksteen verfraai het? As jy in Verwoerdburg oftewel Centurion bly, weet jy van die konsentrasiekamp wat in Irene was? En die pragtige gedenktuin wat vandag pronk op ‘n stukkie grond wat deel uitgemaak het van die Irene konsentrasiekamp? Gelukkig is hierdie nie ‘n vraestel nie want die hartseer feit is dat baie mense sou dop.

    Die Boerevolk het gely, gestry, gebloei en hard baklei vir hul vryheid, en hier staan ons vandag met geen of min dankbaarheid of erkenning aan dié wat deur hel is om iets vir jou en my te verseker nie. Woorde op ‘n stukkie papier kan ongelukkig nooit dieselfde slaankrag hê as om self daardeur te moet leef nie, maar kom ons probeer verstaan en dankbaar wees aan die Voortrekkerkinders, -vroue en -mans wat die hoogste offer gegee het. Kom ons probeer verstaan en dankbaar wees aan die kinders, vroue en mans in die Anglo-Boereoorlog.

    En vandag, al sien en hoor mens nie eens ‘n kwart van dit nie, verstaan waardeur so baie van ons mense vandag gaan. Want as jy dit verstaan, sal jy verstaan dat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat ‘n groep terroriste by jou huis instorm en vroue verkrag, kinders se koppies teen mure stukkend slaan of jou mond oopforseer om kookwater by jou keel af te gooi! Want, jy is gelukkig as dit nog nie met jou gebeur het nie. Daar is alreeds 3020 mense op plase vermoor in die laaste 15 jaar, dit lyk vir my soos ‘n stelselmatige volksmoord! Verstaan dat waar ons vandag sit, dieselfde plek is waar ons voorvaders gesit het. Laat ons nie aan die slaap wees nie.

    Outeur: Onbekend.

Lewer kommentaar

Leave a Reply