Finansiële hoof van Karoo Hoogland Munisipaliteit koop glo graad

Die Valke is in besit van ’n dossier met bewysstukke dat “dr.” Marius Kirsten Botha, die finansiële hoof van die Karoo Hoogland Munisipaliteit, sy doktorsgraad gekoop het.

AfriForum het vasgestel dat die doktorsgraad gekoop is by die Rochville Universiteit, ʼn aanlyn-universiteit wat uit Pakistan bedryf word en nie geakkrediteer is nie.

Botha, Louis Nothnagel en Jacobus van Schalkwyk, huidige en voormalige topbestuurslede van die munisipaliteit verskyn op 6 November in die Williston Landdroshof op verskeie klagtes van bedrog. Dié bedrogklagtes wissel van die uitbetaal van prestasiebonusse tot die aanstel van ongeregistreerde maatskappye, wat na bewering aan mnr. Botha se vrou behoort het.

Nog gevolgtrekkings van AfriForum se ondersoek in Botha se doen en late, is dat hy in George woon, en net sowat twee weke per maand by die munisipale kantore in Williston is.

Lewer kommentaar

Leave a Reply