Fooi tog

Ou tannies tip eenvoudig nie. As dit kom by ´n fooitjie agterlaat staan ou tannies agter in die ry. ´n Meningsopname onder kelners en kelnerinne wys duidelik vingers na die suiniges onder ons.

Diegene in die restaurantbedryf gee die beste fooitjies, terwyl die ouer garde, veral vrouens, die anderkant van die kontinuum dek.

BESTE FOOITJIES
Restaurantwerkers
Gereelde kliënte
Klein sakemanne
Kroegeienaars
Haarkappers
Drankverkoopsmanne
Taxi-bestuurders
Verkoopsmanne
Musikante

SWAKSTE FOOITJIES
Oues van dae
21-25 jariges
Vrouens
Onderwysers
Bankiers
Prokureurs
Dokters
Rekenaarwetenskaplikes
Pyprokers

Lewer kommentaar

Leave a Reply