Die Suid-Afrikaanse politieke analis Frederik van Zyl Slabbert is vanoggend by sy huis oorlede.
Die 70-jarige Van Zyl Slabbert was onlangs in die hospitaal weens ’n ernstige lewersiekte. Hy het verlede jaar bedank as kanselier by die Universiteit van Stellenbosch weens gesondheidsredes.
