Gratis Internet danksy Google en 8ta

Google en 8ta het saamgespan om van nou af gratis Internet aan selfoongebruikers in Suid-Afrika te bied. Die maatskappye het vanoggend amptelik Google Free Zone van stapel gestuur in Kaapstad. Die diens gee selfoongebruikers gratis toegang tot die Google soekfunksie, ‘n eenvoudige weergawe van Gmail en Google+.

Met Google Free Zone kan enige selfoongebruiker die krag van die web gebruik om hul besighede te bou of in kontak te bly met met vriende en familie, sonder die vrees vir datakoste.

Effektief beteken dit dat alle Suid-Afrikaners gratis toegang kry tot Google Search, Gmail en Google se sosiale netwerk, Google+ deur eenvoudig gebruik te maak van enige 8ta SIM-kaart op enige selfoon, oud of nuut, wat data kan hanteer – heeltemal gratis. Tydens die bekendstelling vanoggend is ‘n 8ta SIM-kaart met ‘n balans van R0.00 gebruik.

Die diens is onmiddellik beskikbaar aan alle 8ta-intekenare by http://8ta.com/freezone via hulle selfone. Dit sal in werking bly tot en met 31 Mei 2013 waarna dit heroorweeg sal word.

Google Free Zone
Google Free Zone

Lewer kommentaar

Leave a Reply