Ons lees gereeld van bekende maatskappye en die ontwikkeling van hul selfaangedrewe voertuie. Tans is daar egter net een maatskappy wie se motor vrystelling ontvang het van die Amerikaanse Departement van Vervoer om openbare paaie te gebruik sonder ’n mens aan die stuur. Nuro se R2 het stil-stil buite die kollig op openbare paaie begin ry en nou gaan hulle begin pizzas aflewer.

Domino’s en Nuro het verlede week aangekondig dat hulle die “robocar” gaan begin gebruik vir die klante van ’n pizzawinkel in Houston, Texas. Klante wat hul bestelling aanlyn plaas sal op hoogte gehou word via SMS waar die motor is en wanneer dit arriveer. Hulle ontvang ook ’n kode vir die motor se aanraakskerm, wat die deure laat terugtrek en jou toegang gee tot jou pizza.

Nuro het ook reeds toetse gedoen om kruideniersware van sekere winkels in Arizona af te lewer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply