’n “Gesinsterapeut” van Saudi-Arabië het ’n video uitgereik waarin hy onder andere raad gee oor “hoe om jou vrou te slaan”.
Die doel is glo “om haar te dissiplineer.” Dit het nie ten doel om haar seer te maak nie, maar om haar “te laat voel dat sy haar man verkeerd behandel het.”
Die voorstel word gemaak dat voor jy jou vrou slaan jy “haar herinner aan jou regte en haar verantwoordelikhede.”
