High-Rise

High-Rise

Regisseur Ben Wheatley laat hom nie in ’n blik druk nie.

Sy High-Rise is in dieselfde klas as sy Sightseers (2012), onvoorspelbaar, oorspronklik, en met donker humor. Dit is die filmweergawe van J.G. Ballard se gelyknamige roman van 1975 – een waarvoor min filmmakers al kans gesien het. Amy Jump, wat gehelp het om Ballard se teks te verwerk, het ook aan Wheatley se ander films gewerk.

Die film herinner met die intrapslag aan Stanley Kubrick se A Clockwork Orange (1971). Dít laat jou dan meteens besef die poster se ontwerp het ook baie gemeen met die van Kubrick se film.

Die sentrale temas van hedonisme, sosiale ongelykheid en verval speel af in ’n futuristiese gebou waar jou basiese behoeftes voorsien word.

Om die vreemde storie te vertel het Wheatley ’n eersteklas groep akteurs bymekaargebring: Tom Hiddleston, Jeremy Irons, Sienna Miller, Luke Evans, Elizabeth Moss en James Purefoy.

Ewe indrukwekkend is die stelontwerp wat mens sou kon beskryf as retro-futuristies. Dit is min of meer soos Ballard se indruk van die toekoms kon wees toe hy die boek geskryf het.

Vir diegene wat ’n film met meer om die lyf soek.

Regisseur: Ben Wheatley
Met: Tom Hiddleston, Jeremy Irons, >Sienna Miller, Luke Evans, Elisabeth Moss, James Purefoy
7/10
High-Rise
High-Rise

High-Rise
Drama, Scifi

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar