Hotel Kapsule

Ontwerper Fumie Shibata het met ‘n nuwe konsep vorendag gekom: luukse kapsules as ‘n oornagfasiliteit.

Die nuwe soort hotel bestaan uit 125 klein kapsules met gerekenariseerde beligting, sowel as sluitkasse, storte en ‘n gemeenskaplike sitkamer.

Die hotel het ‘n vierster gradering. Dit word genoem 9 h (Nine Hours) en die eerste een maak volgende maand in Kyoto, Japan, oop.

‘n Nag se verblyf sal jou sowat R400 uit die sak jaag.

sien self hoe dit lyk

Lewer kommentaar

Leave a Reply