Hutchinson / Bergmann se tweede

 

Jeffriesbaai, Saterdag – ‘n Droombegin tot die seisoen het voortgeduur vir Evan Hutchison en Achim Bergmann in die nuwe Motorite Revo1 4×4 toe hulle die Oos-Kaap 400, wat Saterdag by Jeffriesbaai geëindig het, gewen het.

Dit het aan dié paar hul tweede agtereenvolgende oorwinning in vanjaar se Absa-Veldrenkampioenskap gegee met die voertuig was sy debuut tydens die Adenco 400 in die Wes-Kaap gemaak het. Ná ‘n teleurstellende 2008-seisoen verteenwoordig twee seges na twee renne ‘n belangrike ommekeer in die geluk van die voormalige Suid-Afrikaanse kampioene.

“Dit was ‘n taai ren vir ons,” het Hutchison gesê, “maar wat kan ‘n mens sê teen twee oorwinnings ná twee renne. Dit was ‘n droombegin vir ons en hopelik sal die seisoen só voortduur.

“Ons het aan die begin van die eerste sirkelroete tyd verloor, maar die plantasiegedeeltes tydens die tweede sirkelroete was goed vir ons.”

Die voormalige kampioen, Shameer Variawa en Siegfried Rousseau in die TotaPorter, het ‘n wankelrige eerste sirkelroete oorkom om ‘n soliede tweede plek in te palm. Daar was ook soliede vertonings van die bestendige Mike Whitehouse en sy swaer, Matthew Carlson (Regent Racing-BAT) wat verheug was om met die finale podiumposisie weg te stap.

Hutchison en Bergmann het tyd tydens die eerste van die twee sirkelroetes waaruit die roete bestaan het, verloor toe hulle ‘n agterste naaf moes vervang. Hulle was toe verplig om hard te druk met vierwielaandrywing wat aan hulle ‘n voordeel in die knap Longmore-plantasiegedeeltes gegee het.

Variawa en Rousseau het tydens die eerste sirkelroete van die pad af gery en in ‘n sloot vasgeval. Hulle kon nie hul voertuig herwin nie en is deur die Produksievoertuigwenners, Duncan Vos en Ralph Pitchford, gered wat hulle weer tot op die roete gesleep het.

Met ‘n strawwe roete wat sy tol geëis het en slegs 25 van die 57 spanne wat die ren kon voltooi, is die top vyf deur Klas P-deelnemers afgerond. Die voormalige Klas B-kampioene, Jan en Hendrik Kraaij, het die bestuurderspligte in die Keymax-BAT gedeel en het ongeveer 10 minute voor die onervare Johan van Staaden en James Rossouw (KEC-BAT) klaargemaak met beide spanne wat indrukwekkende vertonings gelewer het.

Die huidige Klas P-kampioene, Johan en Etienne Bezuidenhout in die Adenco-BAT, het koppelaarprobleme opgedoen, maar kon waardevolle punte red deur ‘n swaarverdiende derde plek aan te teken. Die Bezuidenhouts het die Adenco 400 in die Wes-Kaap gewen en het ‘n vroeë voorsprong in dié klas, wat vanjaar uiters mededingend is, geneem.

‘n Pluimpie behoort aan die twee Klas P-spanne te gaan – hulle het voor die Klas –spanne, Nick en Ryan Harper (Atlas Copco-BAT) en Kallie en Quinitin Sullwald in die Sullwald Racing-BAT klaargemaak. Die Sullwalds is die huidige Suid-Afrikaanse kampioene en het ‘n naweek vol probleme oorleef.

Daar was geen Klas B-spanne wat die roete kon voltooi nie met die Adenco 400-wenners, Bes en Deon Bezuidenhout in die Adenco-BAT wat tussen die gesneuweldes was. In dié oorlog kon Derrick du Toit en Ian Pienaar (Orange-BAT) en John Telford en Jaco Swart in die Calcamite-Zarco Lite ook nie die paal haal nie.

Die premier Klas A-kategorie het ook ‘n paar hoëprofielslagoffers opgelewer. Tussen hulle was Colin Matthews en Alan Smith (Century Property-BAT) wat voor weggespring het; Will Battershill en Reg Sutton (BAT) en die veterane, Nardus Alberts en Geoff Minnitt in die Wrapsa-BAT.

bydrae: Charmaine Fortune

Lewer kommentaar

Leave a Reply