Joernaliste in vrieskas aangehou

Joernaliste en fotograwe is Vrydag in ‘n vrieskas by die Food Lover’s Market in Sandton toegesluit nadat hulle foto’s van krewe, wat glo ondermaat was, geneem het.

Sapa se kameravrou Khatija Nxedlana het op Twitter gesê sy word in ‘n “vleis”-vrieskas aangehou totdat sy haar materiaal wat sy geneem het gaan uitvee.

Sy het ‘n SMS aan haar kantoor gestuur om te sê sy is in die vrieskas is saam met Sapa se fotograaf Werner Beukes en ses ander joernaliste.

Die media is deur die departement van vissery genooi om beamptes te vergesel op ‘n klopjag om beslag te lê op ondermaat-krewe wat in Johannesburg verkoop word.

Sandy Moeketsi, verslaggewer by Sapa, het gesê sy is uit die winkel gejaag. Die bestuur wou gehad het die fotograwe moes al hul materiaal en foto’s van die krewe uitvee, wat teen R50 elk verkoop word.

Hulle sou die media uit die vrieskas laat kom sodra die foto’s uitgevee is.

Die polisie het op die toneel aangekom en die joernaliste is vrygelaat.

Die saak oor die krewe is later uit die hof gegooi. 5 kg kreef is wel uit die winkel verwyder.

Lewer kommentaar

Leave a Reply