Vryfees 2012 Telbord

Roekeloos.co.za span tegnologie in om vas te stel hoe die man op straat en kritici werklik voel oor die produksies en kunstenaars 2012 Vryfees in Bloemfontein. Ons web scrapers *probeer elke Facebook-inskrywing, twiet en artikel lees wat uit Bloemfontein en omgewing kom tydens die fees.

Die telbord word saamgestel op grond van feesgangers se kommentaar op Facebook, Twitter, Google+ en resensies in die media na afloop van die produksies. Die getalle op hierdie bladsy word van tyd tot tyd aangepas.

Posisie Gewildste Teaterproduksies Gewildste Musiekproduksies Gewildste Kuns Gewildste Musikante
1. Green man flashing Soul and fire Curious Creatures Van Coke Kartel
2. Die vrou vantevore Laurika Rauch – Nuwe temas 100 Borde / 100 Plates Lize Beekman
3. Robin Hood Lize Beekman – In antwoord Brett Murray Chris Chameleon
4. Sneeuwitjie en die vier dwergies (3 het geëmigreer) Bagatelle en Étude Jaconell Mouton
5. S11 (self) Blom in Bloem Ishay Shaer
6. ONT Klank van jou oë Stef Bos
7. Adapt or Fly Hart van glas Shadowclub
8. Poppekas 2 Blondes 2 Tango Winterstasie
9. Labirint Duelling Guitars Bittereinder
10. Dowwe Dolla dink diep More beautiful piano Coenie de Villiers

Posisie Gewildste Akteurs Gewildste Aktrises
1. Rowlen von Gericke Anthea Thompson
2. Wessel Pretorius Brümilda van Rensburg
3. Carel Nel Sandra Prinsloo
4. Neels van Jaarsveld Antoinette Louw
5. Pieter-Dirk Uys Lulu Botha
6. Stian Bam Franci Swanepoel
7. David Butler Tinarie van Wyk Loots
8. Wiseman Sithole Milan Murray
9. Charlton George Margit Meyer-Rödenbeck
10. Frank Opperman Marion Holm

Net die gewildste 10 in elke afdeling word gelys.

(* Twitter beperk die aantal navrae wat Roekeloos se program op een slag kan rig. Tydens die gestoei met Twitter glip daar beslis hier en daar ‘n twiet deur en kan Roekeloos nie aanspraak maak dat elke twiet definitief gelees word nie.)

Hoe word dit gedoen?
1. Twitter en Suid-Afrikaanse publikasies word ge-scrape en alle data wat moontlik verband hou met die fees word getabuleer. Die Facebook API word ingespan om inligting op Facebook in te samel. Google+ word met die hand nagegaan – soek nog ‘n manier om die inligting outomaties te versamel.
2. Die data word vergelyk met die lys van produksies en kunstenaars soos dit verskyn in die feesprogram om te bepaal oor wie en wat gepraat word.
3. Die resultate word met die hand nagegaan en enige advertensies word verwyder.
4. Die oorblywende resultate word gebruik om die individuele tellings vir elke produksie en kunstenaar by te werk*.

(*In gevalle waar produksies ‘n gelyke telling kry word die een wat eerste die telling behaal het eerste gelys.)

Enige voorstelle of vrae oor die stelsel kan gestuur word quintusvr by gmail.com.

Stuur enige resensies of bydraes oor die Nasionale Kunstefees na bydraes by roekeloos.co.za.

2012 Woordfees Telbord (die eerste probeerslag)

2012 KKNK Telbord

2012 Nasionale Kunstefees Telbord

Feeste waarvan jy wil weet!

Vryfees

Lewer kommentaar

Leave a Reply