Twee boeke van Frederick Nietsche en Siener van Rensburg beland per ongeluk tussen Dolla se versameling Mills & Boon’s wat sy spesiaal vir haar “trip” op die Costa Concordia bymekaar gemaak het.
Dolla begin lees terwyl sy wag om aan boord te gaan. “Kennis is mag”, sê Nietshce, maar “Kennis sonder begrip is gevaarlik” … en, soos te verwagte, kry Dolla onmiddelik ‘n uitnodiging van die Kaptein om op die “brug” te kom kuier …
Die res is geskiedenis, maar soos julle weet, Dolla was al op Survivor, en die hele ondervinding laat haar dink … DIEP dink, oor diep dinge soos “alpha-males”, Twitter, “Afrikaanse popliedjie lirieke en Nietsche se Relatiwiteitsteorie … of was dit nou Albert s’n?
Boonop is Dolla ook deel van ‘n ongelooflike nuwe mediese deurbraak: Wat meeste wetenskaplikes voorheen as wensdenkery beskou het is nou ‘n werklikheid: Dolla se Pille vir Domgeit … ‘n wonder-produk wat verligting gaan bring vir derduisende mense wat ly aan simptome soos verwarring, lae selfbeeld, lamheid in die kop en ontoereikende houtwerkpunte.
Ongelukkig is hierdie medikasie op hierdie stadium slegs beskikbaar by Dolla se “lewendige” vertonings, so bespreek nou en neem beheer oor die res van jou lewe.
Jy sal medikasie nodig hê, want Dolla filosofeer en voorspel …

By die Boer Restaurant Teater in Durbanville vanaf 13- 18 Junie om 20:00. Kaartjies R100 en beskikbaar by 021 979 1911/ 083 406 0111.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
Lewer kommentaar