‘n Sokkeraanhanger het ‘n tatoeëermerk van Julius Malema op sy boud gekry nadat hy ‘n weddenskap verloor het, het die Herald Online berig.
Mark Dorward, ‘n Bayern Munich-aanhanger van Port Elizabeth, het nie gedink sy span sou hom verlede Saterdag in die steek laat nie.
Toe die Duitsers in die spanningsvolle valbylstryd verloor, was sy weddenskap ook daarmee heen.
Sy vriend Tom Pullen, ‘n eienaar van ‘n restaurant, wat ‘n Chelsea-ondersteuner is, het met blydskap toegekyk toe Dorward die tatoeëermerk ná die wedstryd in die restaurant kry.
