Volgens ‘n bron in Comair het die polisie die gekskeerder vasgetrek wat gister ‘n vals bomdreigement teen Kulula gemaak het.
Die polisie moes gister Kulula se hele vloot vliegtuie by die Kaapstad Internasionale Lughawe deursoek nadat iemand ingeskakel het en beweer het daar is ‘n bom aan boord van een van die vliegtuie.
Die gekskeerder gaan vervolg word.
