Twee ou omies sit op die stoep. Een is 80 en die ander 90. Dit is die 80-jarige se stoep. Die 90-jarige het 5 km van sy huis af gedraf om op die stoep te kom kuier, en hy is nie eens moeg nie.
80-jarige: “Op jou ouderdom, hoe doen jy dit ou vriend?”
90-jarige: “Die geheim is rogbrood my ou maat. Dit gee jou hope energie, om nie eens te praat van stamina in die slaapkamer nie.”
Toe sy vriend later huiswaarts keer vat die 80-jarige oom dadelik die pad supermark toe.
“Het julle rogbrood?” wil die oom dadelik by die naaste verkoopsdame weet.
“Ja oom” sê sy “hier is ‘n hele rak vol, wil oom een hê?”
“Ek sal sommer 5 brode neem dametjie.” sê die oom.
“Maar oom,” sê sy “by die tyd dat oom by die vyfde brood kom sal dit al kliphard wees.”
“Ag nee magtig dametjie!” roep die oom uit “Wil jy vir my sê die hele wêreld weet hiervan, behalwe ek.”
