Heelwat paartjies stimuleer mekaar se anusse as deel van voorspel. Gedurende anulingus word die area om die anus gesoen en gelek. Mans is oor die algemeen lugtig vir hierdie vorm van stimulasie as gevolg van konnotasies wat met homoseksualiteit gemaak word, maar weinig mans of vrouens sê ooit nee hiervoor.
Heelwat vrouens hou ook daarvan as hulle gedurende ´n orgasme of orale seks met ´n vinger gepenetreer word. Dit kan die orgasme meer intens maak aangesien die anale kringspier tydens orgasme saamtrek. Mans reageer veral goed op anale stimulasie tydens orale seks. Die rede hiervoor is dat die prostaatklier in die proses gestimuleer word.
Indien penetrasie oorweeg word moet daar liefs van ´n smeermiddel gebruik gemaak word aangesien daar geen natuurlike smering teenwoordig is nie. Nog ´n belangrike faktor tydens penetrasie, is om ontspanne te bly. Laat hy of sy wat aan die ontvangkant is die diepte van die penetrasie bepaal.
Die vagina moet NOOIT gepenetreer word direk na anale penetrasie nie. Onwelkome bakterieë en kieme kan in die proses oorgedra word.
´n Woord van waarskuwing aan diegene wat dit nog nooit probeer het nie: Bone en uie moet liefs tydens die voorafgaande etes vermy word 🙂
Geniet dit!
bydrae: Ben Brand
