‘n Verkeersman van Kaapstad was verstom toe hy ‘n midibus taxi in Khayelitsha stop en 105 kinders (ja dis reg 105) en ag volwassenes in die voertuig tel. ‘n Midibus mag slegs 26 persone op ‘n slag vervoer.
Die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem. Hy het nie ‘n lisensie gehad nie, het vyf uitstaande lasbriewe teen hom en sy lisensie om passasiers te vervoer was ook nie geldig nie.
Die kinders was van ‘n crèche in Khayelitsha en onderweg strand toe vir ‘n uitstappie. Die crèche het die bus gehuur vir die uitstappie.
Die eienaar van die voertuig kon dit nog dieselfde dag afhaal.
