Dit is ‘n bekende feit dat daar meer seuntjies as dogtertjies gebore word tydens en na tye van oorlog. ‘n Nuwe studie aan die Universiteit van Newcastle is Brittanje het nou bevind dat dit te wyte is aan ‘n manlike geen.
Die studie, gepubliseer in Evolutionary Biology, is egter net nog ‘n idee. Daar is nog geen fisiese bewyse hiervoor nie en die geen is nog nie opgespoor nie.
‘n Ander bestaande verklaring is eenvoudig dat mense meer seks het wanneer oorlog uitbreek en wanneer mans terugkeer van die slagveld.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
