Padwoede

Vermy padwoede so:

Moenie die bane blokkeer nie.

Moet nooit meer as een parkeerplek gebruik nie.

Hou ‘n veilige spasie tussen jou en die voertuig wat jy volg.

Moenie in die pad stilhou om met voetgangers of ander bestuurders te praat nie.

Hou links indien jy stadig ry sodat ander padgebruikers kan verby kom.

Vermy oogkontak met aggresiewe bestuurders.

Moenie ander bestuurders uitdaag deur vinniger te ry om jou posisie te behou nie.

Ignoreer tekens van bestuurders en moenie tekens wys vir ander motorbestuurders nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply