Piepie in die gleuf

‘n 29-jarige man van Helmond in Nederland was so boos vir sy 21-jarige buurvrou dat hy deur die posbusgleuf in haar voordeur gepie het.

Nie dat dit hom tot bedaring gebring het nie. Hy het later die dag ook ‘n baksteen deur haar voordeur gaan gooi.

Die polisie het die man later die dag aangekeer. Tot nou weet niemand nog waaroor die, blykbaar voortslepende, rusie gaan nie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar