Insekte

Insekte is klein ongewerwelde diertjies waarvan die liggaam bestaan uit ‘n kop. ‘n kopborsstuk en ‘n agterlyf.

Om insekte dood te maak:

4 koppies parafien
40 koppies water
4 pnd. groenseep
Kook die water in ‘n ysterpot, roer die seep in en dan die parafien. Roer dit goed. Spuit lemoenbome en roosplante daarmee, dit sal die insekte doodmaak. (Petro van der Westhuizen)

1 groot ui
1 hele knoffel
(Albei met skil aan.)
Prut 20 minute in 1 liter water. Voeg 6 brandrissies by en laat afkoel. Syg deur.
Voeg die volgende by en laat staan vir 24 uur voor gebruik.
4 liter water
1 eetlepel suiker
1 eetlepel Sunlight Liquid
1 eetlepel asyn
1 eetlepel Jeyes Fluid
½ koppie spiritus
Kan ook op potplante gebruik word verdun net met klein bietjie water. (Petro van der Westhuizen)

Bonekruid is ‘n natuurlike insekweerder om in jou groentetuin te plant. Gousblomme is ‘n ander natuurlike hulpmiddel.

Kalkswael is ‘n ander behandeling wat gebruik kan word.

Lewer kommentaar

Leave a Reply