‘n Studie van die Universiteit van Hyogo in Awaji, Japan, beskryf die voordele van selfs klein plantjies vir kantoorwerkers.
Stresvermindering in die werkplek is ’n dringende kwessie in die moderne samelewing. Alhoewel daar algemeen aanvaar word dat plante strelend is vir diegene wat nodig het om stresvolle situasies die hoof te bied, verifieer hierdie studie die mate van sielkundige en fisiologiese impak van binnenshuise plante. Eerder as om eksperimente in ’n laboratorium-omgewing uit te voer, het die navorsers stresvermindering op werknemers in werklike kantore gemeet.
Sake-eienaars behoort kennis te neem dat klein binnenshuise plante ekonomies en nuttig is wanneer jy die werksomgewing wil verbeter vir werknemers.
Die navorsing is gepubliseer in die joernaal HortTechnology.
(foto: Masahiro Toyoda)
