Die Polisie, insluitend lede van die honde-eenheid en blitspatrollie, het verlede naweek ´n huis in Summergreens, Milnerton bestorm, hul honde op die inwoners losgelaat en beslag gelê op ´n paar luidsprekers. Dit alles na ´n klagte van oorverdowende musiek van een van die nabye inwoners.
