SA tronkvoëls in buiteland

Volgens Suid-Afrika se Departement van Buitelandse Sake is hulle bewus van 467 burgers wat in die buiteland aangehou word weens oortredings. Meeste is gevonnis weens dwelmhandel.

Brasilië het die meeste Suid-Afrikaanse gevangenis met 54 gevolg deur Botswana met 41 en Swaziland met 36.

Een van die 3 ter doodveroordeelde Suid-Afrikaners in die buiteland is die 37-jarige Sebastian Bridges wat ter dood veroordeel is in die staat Nevada in die VSA weens die moord op sy vervreemde vrou se minnaar. Sy vonnis sal op 21 April voltrek word.

Lewer kommentaar

Leave a Reply