Tuindwerge was persona non grata by die afgelope Chelsea-blommeskou in Engeland. Die ougat tuinbewoners word al jare verbied by die skou, maar vanjaar was die eerste keer dat ‘n tuindwerg by die skou uitgegooi is. ‘n Organiese kweker het een ingesmokkel, maar is streng aangespreek deur die blombewaarders.
Die Britte is die tweede nasie om te diskrimineer teen die arme dwerge. Oos-Duitsland het ook die ouens verbied na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, en om te dink die tuindwergies se uitvinder vader was ‘n Duitser, genaamd Phillip Griebel.
Die Britte het egter hulle mes in vir die arme dwerge. In 2006 is ‘n man gedwing om sy tuindwerg uit sy huistuin te verwyder op grond van die Britse “Protection From Harassment Act 1997”.
Net oor die kanaal, in Frankryk, is daar wel hoop in ‘n ekstremistegroep, die Front de Libération des Nains de Jardin. Hierdie vryheidsfront vir tuindwerge steel tuindwergies en bring hulle na versamelpunte, gewoonlik kerke. Dit gebeur egter dat die spulletjie soms te veel van daardie ou dun Bordeaux-wyntjies drink en die dwerge iewers ophang aan ‘n tou.
Vir die Britte, enige oorblywende Oos-Duitsers en die Front de Libération des Nains de Jardin het die tuindwergies ‘n spesiale boodskap:

