Dragonball Evolution

Wat sou jy doen as jy net een wens het?

Sommige fliekgangers gaan wens hulle het nooit geld gemors op Dragonball Evolution nie.

Hierdie is ‘n filmweergawe van die bekende TV-reeks Dragon Ball Z, ‘n voorbeeld van Anime-styl animasie. Dragon Ball het begin as ‘n animasiereeks (Manga) in Japan in die 80’s. Dit is ‘n trilogie wat bestaan uit Dragon Ball, Dragon Ball Z en Dragon Ball GT, in totaal meer as 500 episodes. Dit is uiters gewild onder kinders van meeste lande, waarvan meeste nog na die tweede deel, Dragon Ball Z, kyk.

Dragonball Evolution volg die Dragon Ball Z storie, die avonture van Goku. Goku en die Z-vegters beskerm die aarde teen die bose. Die bose is die keer die demoon Piccolo. Piccolo wil die aarde vernietig met behulp van die persoon wat die legendariese dragonballs beheer. Mens kan min of meer raai hoe die res van die verhaal verloop, behalwe miskien vir een verrassing.

Dragonball Evolution gaan geen vriende wen vir Dragon Ball nie. Dit slaag nie daarin om ‘n herkenbare deel van die reeks te word nie, net Goku se haarstyl lyk vaagweg bekend. Stoere ondersteuners meen selfs dat die vervaardigers hulle behoort te skaam vir Dragonball Evolution.

Al positiewe punt is dat mens vir Chow Yun Fat as Master Roshi kan kyk. Ook kan klein kindertjies dit dalk geniet om vir Goku in lewende lywe te sien.

Dragonball EvolutionBly maar eerder weg van Dragonball Evolution. Kry dit vir die kinders op DVD.

Regisseur: James Wong
Met: Chow Yun-Fat

2 / 5

31 Mei 2009

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply