Spesiale voertuig-louere behoort aan Variawa / Rousseaumet Adenco 400

Die voormalige Suid-Afrikaanse kampioen, Shameer Variawa en Siegfried Rousseau het ‘n foutlose vertoning gelewer om die Spesiale Voertuigkategorie tydens die Adenco 400, die eerste ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat Saterdag by Darling geëindig het, te wen.

Volgens voorlopige resultate het Variawa en Rousseau in die Team Total-Porter uiteindelik ‘n gemaklike sege in uiters warm Weskus-omstandighede behaal. Dit was ‘n oorwinning wat geboek was met die Team Total-paar wat ook die Donaldson-voorren wat die wegspringposisies bepaal het, gewen het.

Variawa en Rousseau het strawwe aanslae van Herman en Wichard Sullwald (Sullwald Racing-SVR) en Colin Matthews en Alan Smith in die Century Racing-BAT afgeweer. Die Sullwalds het uiteindelik tydens die tweede van twee sirkelroetes waaruit die ren opgemaak was, uitgeval terwyl Matthews/Smith nie die nodige druk op die Team Total-paar kon plaas om ‘n fout te begaan nie.

Matthews en Smith het uiteindelik ongeveer twee en ‘n half minute agter Variawa en Rousseau geëindig. Die Century Racing-paar was op hul beurt meer as 10 minute voor die huidige Suid-Afrikaanse kampioene, Evan hutchison en Achim Bergmann in die Motorite-BAT.

Om eerste op die pad te wees het sy voor- en nadele en vir die Team Tota-paar het hul kanse bevorder. Binne die eerste paar kilometer en ‘n string toe hekke, waarmee onmiddellik gedeel is, het drie van die Porter se wiele doringdraad om om gehad.

Variawa/Rousseau was enkele sekondes vinniger as die Sullwalds na die eerste sirkelroete. Die Sullwalds-aanslag het halfpad deur die laaste rondte vervaag, maar ‘n goedbeplande ren het die deurslag vir Variawa en Rousseau gegee.

“Ons het ons koppe bymekaar gehou en ‘n bestendige pas gehandhaaf wat uiteindelik betaal het,” het Variawa gesê. “Ons was onder effense druk teen die einde van die eerste sirkelroete, maar toe die Sullwalds eers weggeraak het, kon ons ons pas effens verslap.”

Die vierde plek het aan die veterane, Nardus Alberts en sy seun, Louis, in die Wrapsa-BAT behoort met Johan van Staden en James Rossouw wat die top vyf in die KEC-BAT afgerond het. Van Staden en Rossouw het Klas P op ‘n wankelrige noot begin met hul taak wat vergemaklik is toe die Suid-Afrikaanse kampioen, Johan Bezuidenhout en sy broer, Deon, in die Adenco-BAT, se enjin tydens die tweede rondte die gees gegee het.

Die veterane, Richard Schilling en Chris Davies was tweede in Klas P in die Aceco met Archie Rutherford en Craig Doubtfire derde in die Regent Racing-Jimco. Meer as ‘n halfuur het die 2009-Beginners van die Jaar, Van Staden/Rossouw, van die Regent Racing-paar geskei.

Die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, Derick du Toit, en die plaaslike besigheidsman, Adre Rheeder (Orange Tree-BAT) het ‘n gemaklike sege in Klas B aangeteken. Dit was Rheeder se eerste kennismaking met veldrenne met dié paar wat die Darling-wynroete bemark het.

Die plaaslike span, Marius Nicholson en Rod Jeffrey in ‘n Orange Tree-Opel was verder agter in die tweede plek.

bydrae: Charmaine Fortune


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply