Na die bekendstelling in Suid Afrika, het Google verskeie voorstelle van bestemmings en toeriste aanloklikhede ontvang wat die mense van Suid Afrika wil toevoeg op Google Street View. Foto’s word tans versamel vir Street View, maar sommige plekke soos historiese monumente en landskappe kan nie deur voertuie bereik word nie.
Google vra jou hulp om te stem vir jou gunsteling bestemmings wat deur die Google Trikes besoek sal word. In samewerking met Toerisme Suid-Afrika en hul ongelooflike kennis van die land, is hulle besig om ‘n kortlys van die land se beste bestemmings op te stel.
Die katagorieë is: sport, natuur en landskap, geskiedenis en erfenis. Daar sal slegs ‘n beperkte tyd wees om te stem, en die publiek sal in kennis gestel word van die top drie bestemmings wat Google Trike eerste sal besoek. Fotomateriaal word slegs vanaf openbare paaie versame , maar deur noue samewerking met verskeie organisasies word materiaal van private bestemmings ook versamel.
Stem nou vir jou gunsteling bestemming vir Google Street View
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
