‘n Navorser het ‘n interessante ontdekking gemaak in Lake Michigan in die VSA.
Tussen die wrakke en ander gemors op die bodem van die meer het hy ‘n klomp klippe ontdek wat moontlik in ‘n sirkel gerangskik is. Dit lyk asof een van die klippe ‘n afbeelding daarop het van ‘n mastodon, ‘n voorwêreldlike olifant.
Die afbeeldings dateer moontlik terug na die Ystydperk, 10 000 jaar gelede toe die mastodon nog bestaan het.
