Leesstoffie van ‘n Londen-toffie

Hoofstuk 1

My vingers is dom van die koue en dus sukkel ek om te skryf, soos wat ek sukkel om te SMS as ek dronk is.

Ek het vanoggend my eerste sneeu sien val terwyl ek besig was om met my skoonma oor die foon te praat. Eers gedog dis as. So buite my verwysingsraamwerk is hierdie water-assies dat my heel eerste gedagte, in hierdie land van wintersneeu, is dat daar erens ‘n vuur is. En toe haal my brein my oë in en ek gil: “Ma, dit sneeu. Dit sneeu, MA. Eerste keer in my lewe dat ek sneeu sien val, want die kere op die Swartberg tel nie. Die sneeu was al klaar daar, asof dit oornag gegroei het, en daar was nooit enige bewyse dat dit regtig uit die lug gekom het nie.

Wel, om sulke oomblike draai alles, en ek het dadelik my ma probeer bel. Dit het net 4 minute gesneeu – die eerste keer – en ek het die hele 4 minute om sit en bel sodat sy hierdie oomblik met my kan deel. Al wat ek op die lyn kon kry, ironies genoeg, was

sneeu.

Ek wens mamma se foon het gewerk.

Lewer kommentaar

Leave a Reply